D - V - J

Diensknegte Vir Jesus

Beginsels vir Bybel Lees

Joh 8:12 - “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”

“n Paar beginsels om in ag te neem indien jy Bybel lees:

 

1. Vra dat die Heilige Gees die Woord vir jou interpreteer en van toepassing sal maak  in jou situasie.  Bid dat jou oë sal oopgaan, soos die van die Emmausgangers (Luk 24: 13-35), en dat jy die diepere betekenis sal verstaan van wat jy lees.

2. Lees altyd die Bybel in konteks.  Dit is beter om die Bybel deur te werk en nie net die Bybel oop te maak en ‘n stukkie vir die dag te soek nie.

“Ons kan nie die Bybel soos ‘n pil gebruik, en simptome probeer dokter deur die verse op plekke te gebruik, waar dit ons pas nie.”

3. Onthou dat as jy Bybel lees, is jy besig met God se woorde - M.a.w. jy is besig met God self.