D - V - J

Diensknegte Vir Jesus

Getuienisse

Joh 8:12 - “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”

Getuienis van Reinette Bester, Sasolburg - 14 Desember 2010.

Ek het 2009 ‘n baie slegte jaar gehad.  My rug het my baie opgekuil, ek het baie pyn gehad, ek kon nie behoorlik sit, staan of lê nie.  Ek was in en uit by die dokters, fisios en die hospitale.  Die volgende stap sou ‘n operasie gewees het, wat ek dan vir 3 maande buite aksie sou wees, ek het nie daarvoor kans gesien nie en het toe maar met die pyn saamgeleef.  Die 29ste November 2009 het Mariana Swanepoel vir my gebid en die Here het my wonderbaarlik aangeraak en is ek genees van my rugpyn, nou ‘n jaar later en het ek geen meer pyn nie.  Prys die Here. 

Getuienis van Jaco Terblanche, Sasolburg - 20 Desember 2010

Op 30 November 2009 het ek ‘n byeenkoms vir mans in Vanderbijlpark bygewoon.  Die boodskappe en lofsange was daar so fantasies dat ek daardie nag tot bekering gekom het. Dit het my uitkyk op die lewe heeltemal verander, en streef ek elke dag om die wil van die Here na te kom.

Ek wil twee getuienisse lewer.  Die eerste handel oor my gesondheid in die verband met skeelhoofpynne (migraine).  Ek het gesukkel met migraine vandat ek ongeveer 12/13 jaar oud is.  Ek het die laaste jare ongeveer 6 pille elke 2de dag gedrink.  Ek was by verskeie dokters en klinieke om dit te genees, maar met geen sukses.

Na my bekering in November 2009, het ek in gebed na die Here gegaan en aan Hom gevra om hierdie kwaal van my af weg te neem.  Ek neem tans miskien 2 pille elke 2-4 weke vir ‘n normale hoofpyn.  Prys die Here!!

Die tweede helfte van my getuienis handel meer oor ‘n finansiële kant van my lewe, en hoe die Here my alreeds gehelp het sonder dat ek dit werklik besef het. 

Ek het in 2004 ‘n huis gekoop aangesien ek en my vrou in 2005 sou trou.  Die huis wat ek op daardie stadium wou koop, kon ek nie eens bekostig nie, maar het ek nog steeds voortgegaan.  Na die koop transaksie het ek “toevallig” huurders gekry wat ons huis vir “presies” een jaar wou huur.  Die huurders het elke maand hul huurgeld betaal en kon ek die paaimente daarmee betaal. Na hierdie een jaar was ek in staat om die paaimente te betaal.  Ek sit die woord “toevallig” en “presies” in aanhalingtekens aangesien dit daardie tyd so gevoel het, maar vandag weet ek dit is hoe die Here my gehelp het.

Ek en my vrou is toe getroud in 2005 en het toe by ons huis ingetrek.  Soos elke jong paartjie het ons maar swaar gekry in die begin.  Ek is mal oor “varkore” in ‘n tuin, maar kon ek nie eens “varkore” koop om in my tuin te plant nie. Ek het so graag gewens ek kon varkore in my tuin kry.  Ongeveer 2 maande hierna het die “varkore” een vir een opgekom in my tuin.  Die wat wil kom kyk is welkom aangesien my tuin vandag nog vol is van hierdie “varkore”.  Indien jy dink dit is dalk toevallig, onthou ek het die huis aan huurders verhuur en ek het maandeliks inspeksie gehou, en daar was geen “varkore” in die tuin te sien nie!   

Die Here is so groot en ons besef dit nie aldag nie!! Prys die Here!!

 

Indien u ‘n getuienis wil deel, stuur dit aan getuienis@diensknegtevirjesus.co.za