D - V - J

Diensknegte Vir Jesus

Bekering

Joh 8:12 - “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”

Om tot bekering te kom moet jy:

 

1. ERKEN teenoor God en wees eerlik met jouself dat jy ‘n sondaar is:

 

    1 Johannes 1: 8 - “As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en

     die waarheid is nie in ons nie.”

    1 Johannes 1:10 - “As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom

     tot ’n leunaar en is sy waarheid nie in ons nie.”

 

2. BESEF EN BEKEER - Dit is belangrik om die aakligheid van sonde te besef en jou 

    rug te draai en daarvan weg te beweeg.

 

    Handelinge 3:19 “Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sonde uitgewis kan

    word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom.”

    Lukas 13:3 “Nee, sê Ek vir julle, maar as julle nie bekeer nie, sal julle almal net so

    omkom”.

    Handeling 8:22 “Bekeer jou dan van hierdie boosheid, en bid tot God; dat die  

    gedagte van jou hart jou miskien vergewe mag word”.

    Jakobus 4:8 “Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle

    sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!

 

3. BELY - Bely jou verkeerde weë voor God sodat gereinig kan word van alle

    ongeregtighede.

 

    1 Johannes 1:9 “As ons ons sondes bely, is Hy getrou en regverdig om ons sondes

    te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.”

    Romeine 10:10 “Want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die monde bely

    ons tot redding.”

    1 Johannes 4:15 “Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is - God bly in

    Hom, en hy in God.”

 

4. GLO

 

    Glo nou dat Jesus Christus die enigste weg is tot verlossing van sonde. Die Een

    wat God gestuur het, Sy enigste Seun, omdat Hy jou innig liefhet en dat Jesus vir   

    jou sondes moes ly aan die kruis, sodat jy die ewige lewe kan verkry.

 

    Johannes 3:16 “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy enigste Seun

    gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige

    lewe kan hê”.

 

5. Skryf nou die datum van bekering neer.  Lees gedurig Bybel, bid tot God, woon

    Christelike geleenthede by en groei in sy liefde.