D - V - J

Diensknegte Vir Jesus

Gedagte Vir Die Dag

Joh 8:12 - “Ek is die lig vir die węreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hę wat lewe gee.”

14 Maart 2011

"Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My." - Open 3:20

10 Maart 2011

"Vra julle voortdurend af of iets vir die Here aanneemlik is, en moenie meedoen aan die vrugtelose praktyke van die duisternis nie, maar stel dit eerder aan die kaak." - Ef 5: 10-11

9 Maart 2011

"Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry, want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle.” - Mat 18:19-20

8 Maart 2011

"Niemand mag op jou neersien omdat jy jonk is nie, maar wees jy vir die gelowiges 'n voorbeeld in woord en gedrag, in liefde, geloof en reinheid. Totdat ek kom, moet jy jou daarop toelę om uit die Skrif voor te lees, te preek en onderrig te gee. - 1 Tim 4:12-13

7 Maart 2011

"Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hę. Wie sy medemens liefhet, voer die hele wet van God uit." - Rom 13:8

4 Maart 2011

"Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie." - Gal 5:16

3 Maart 2011

"Hoofsaak is dat julle lewenswandel in ooreenstemming met die evangelie van Christus moet wees." - Fil 1:27

2 Maart 2011

"Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes. Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief." - 2 Kor 9:6-7

1 Maart 2011

"laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlę, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof." - Heb 12:1-2