D - V - J

Diensknegte Vir Jesus

Gesprek Van Die Week

Joh 8:12 - “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”

14 Februarie 2011 - Mag 'n Christen vloek?

(Let wel dat die gedeeltes en teksverse wat deurgegee word slegs ‘n mening is, en elke individu geregtig is op sy/haar mening).

Nee, die Bybel sê baie duidelik dat 'n Christen nie mag vloek nie. Party mense gebruik die heilige Naam van die Here so dikwels wanneer hulle praat, dat 'n mens seerkry as jy na hulle luister. Vir sulke mense moet die Christen 'n voorbeeld stel en die Naam van die Here in eerbied uitspreek, slegs in gebed en wanneer jy oor Hom praat.

Die doodstraf is in Israel aan mense wat die Naam van die Here oneerbiedig gebruik het, opgelê (Levitikus 24:16; 2 Samuel 16:13). Vir gelowiges word gesê: Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede (Efesiërs 4:29) en Matteus 5:22 sê: "Elkeen wat sy broer uitskel vir 'n gek, is strafbaar ... en wie hom uitskel vir 'n idioot, is strafbaar met die helse vuur."

Ook die mooi en skoon taal van 'n Christen moet getuig dat hy aan die Here behoort.

 

Indien u enige kommentaar hieroor het, stuur gerus ‘n e-pos aan gesprek@dienskengtevirjesus.co.za, en dit sal gepubliseer word.

 

Indien u enige van die ons vorige gesprekke benodig kan u gerus vir ons ‘n e-pos stuur na admin@diensknegtevirjesus.co.za, met die datum en onderwerp van die gesprek wat u verlang. 

 

 

Vorige Gesprekke:

 

7 Februarie 2011 - Sondag, Sabbat, Rusdag of Sportdag?

 

31 Januarie 2011 -  Wat gebeur met jou na die dood?

 

24 Januarie 2011 - Wanneer is iets sonde?

 

17 Januarie 2011 - Alkoholgebruik

 

3 Januarie 2011 - Versoekings

 

13 Desember 2010 - Kersfees

 

27 Desember 2010 - Gebed