D - V - J

Diensknegte Vir Jesus

Die Onse Vader

Joh 8:12 - “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”

Ons Vader wat in die hemel is,

laat u Naam geheilig word;

laat u koninkryk kom;

laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel.

Gee ons vandag ons daaglikse brood;

en vergeef ons ons oortredings

soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree;

en laat ons nie in versoeking kom nie

maar verlos ons van die Bose.

 “Aan U behoort die koninkryk en die krag

en die heerlikheid tot in ewigheid.”

Amen.