D - V - J

Diensknegte Vir Jesus

Iets Interessant

Joh 8:12 - “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”

Curriculum Vitaé

 

Volle Naam:     JESUS CHRISTUS

Adres:              Efesiers 1:20

Telefoon:          Romeine 10:13

Webwerf:         Bybel

Noem Name:   Christus, Here, Die Verlosser, Jesus

 

My naam is Jesus – Die Christus.  Baie noem my die Here!.  Ek het my CV gestuur omdat, Ek die bestuurspos in jou hart wil bekom.  Voel vry om al My onderstaande besonderhede deur te lees.

Kwalifikasies

Ek het die aarde gevind en die hemel geskep. (Sien Spr 3:19)

Ek het die mens uit stof geskep. (Sien Gens 2:7)

Ek het die asem van lewe in die mens geblaas. (Sien Gen 2:7)

Ek het julle losgekoop van die vloek van die wet. (Gal 3:13)

Deur My kan julle deel kry aan die seën wat aan Abraham toegesê het. (Gal 3:14)

Beroeps Agtergrond

Ek het slegs een werkgewer gehad. (Luk 2:49)

Ek was nog nooit afwesig, ongehoorsaam of disrespekvol nie.  My werkgwer het net goeie dinge te sê en is selfs verheug oor My. (Sien Matt 3: 15-17)

Vaardighede en

Ondervinding

Sommige van My vaardighede en ondervinding sluit in: bemoediging van arm mense, die genees van gebroke harte, bevryding van die wat in gevangenis is, die genesing van die wat siek is, en die herstel van sig aan die wat blind is. (Sien Luk 4:18)

Ek is ‘n wonderlike raadgewer. (Sien Jesaja 9:6) 

Die wat na My luister sal veilig wees en hoef niks te vrees nie. (Sien Spr 1:33)

Die mees belangrikste, Ek het die magtiging, vermoë en krag om jou van alle sondes te reinig. (Sien 1 Jon 1:7-9)

Agtergrond tot Onderig

 

Ek oorskry die breedte en wydte van alle kennis, wysheid en insig. (Sien Spr 2:6)

In My is alle verborge skatte van kennis en wysheid te vind. (Sien Kol 2:3)

My Woord is so kragtig, dit word beskryf as die lamp vir jou weg en die lig vir jou pad. (Sien Psalm 119:105)

Ek ken selfs al die geheime van jou hart. (Sien Psalm 44:22)

Hoogste Prestasies

Ek was die aktiewe deelnemer in die grootste Vergadering van alle tye.  (Sien Gen 1:26)

Ek het my lewe gegee sodat jy kan lewe. (Sien 2 Kor 5:15)

Ek het wonderbaarlik kos aan die armes voorsien, die siekes gesond gemaak en uit die dood opgestaan! Daar is werklik te veel om hier op te noem.  Alles kan verder op My webwerf gelees word.  Dit kan gevind word by www punt – BYBEL.  Neem kennis dat geen rekenaar of internet konneksie hiervoor nodig is nie. 

Verwysings

Gelowiges en My volgers sal werêld wyd getuig van My uitmuntende genesings, wonderwerke, en bonatuurlike leiding.

Opsomming

Noudat jy My CV gelees het, is Ek oortuig dat Ek die enigste kandidaat is, wat uniek gekwalifiseer is op die posisie in jou hart te vul.

In opsomming, sal Ek jou op die regte pad laat loop. (sien Spr 3:6), en jou ook lei na die eiwige lewe.  (Sien Joh 6:47)

Stuur hierdie CV aan almal wat u ken, ‘n opening kan ter enige tyd beskikbaar wees!

Dankie vir u hulp en mag God u seen!

 

Indien u iets interessants het en dit met ons wil deel, stuur dit aan interresant@diensknegtevirjesus.co.za