D - V - J

Diensknegte Vir Jesus

Oktober - Desember

Joh 8:12 - “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”

31 Desember 2010

“Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart, en die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.” - Luk 6:45

30 Desember 2010

“As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie 'n dag kwaad afsluit nie.

Moenie die duiwel vatkans gee nie”.  - Efesiërs 4: 26-27

29 Desember 2010

“Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê.  As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.” - Joh 13:34-35

28 Desember 2010

“Wat die mens het, is beter as wat hy begeer......” - Pred 6:9

27 Desember 2010

“Besef dit tog: Ek, Ek is die Here! Naas My is daar geen ander God nie. Ek maak dood en Ek gee lewe. Ek maak siek en Ek maak gesond.” - Deut 32:39

24 Desember 2010

“Sy sal 'n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.” - Mat 1:21

23 Desember 2010

“Kennis begin met die dien van die Here....” - Spreuke 1:7

22 Desember 2010

Onthou die woorde van die Here Jesus. Hy het self gesê: Om te gee, maak 'n mens gelukkiger as om te ontvang.” - Hand 20:35

21 Desember 2010

Toe sê Jesus vir haar: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook; en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit?” - Joh 11:25

20 Desember 2010

“My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” - 2 Kor 12:9

17 Desember 2010

...”Die gebed van 'n gelowige het 'n kragtige uitwerking”.  - Jakobus 5: 16

16 Desember 2010

“Daarna het Petrus na Jesus toe gekom en gevra: “Here, hoeveel keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerds teen my doen? Selfs sewe keer?”

Jesus antwoord hom: “Ek sê vir jou, nie sewe keer nie maar selfs sewentig maal sewe keer”. - Mat 18: 21-22

15 Desember 2010

“Ek sê vir julle: Vra, en vir julle sal gegee word. Soek, en julle sal kry. Klop, en vir julle sal oopgemaak word. Elkeen wat vra, ontvang, en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word”. - Lukas 11: 9-10

 

14 Desember 2010

 

"Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet". - Jakobus 1: 12
 

13 Desember 2010

Hy het hulle geantwoord: “Dit is nie vir julle om die tyd en omstandigheid te weet wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie.

Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” - Hand 1: 7-8

10 Desember 2010

"Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom". - 2 Kor 5:17

9 Desember 2010

"Laat my elke môre u liefde ondervind, want in U stel ek my vertroue. Wys my die pad wat ek moet loop, want my hoop is op U gevestig". - Psalms 143:8

8 Desember 2010

“Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien”. - Jos 24:15

7 Desember 2010

“Moenie oor ander oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel word nie, met dieselfde oordeel waarmee julle ander oordeel, sal oor julle geoordeel word, en met dieselfde maat waarmee julle vir ander meet, sal vir julle gemeet word”. - Mat 7:1-2

6 Desember 2010

“ 'n Mens leef nie net van brood nie, maar van elke woord wat uit die mond van God kom”. - Mat 4:4